Lus om bietjie weg te breek met die familie maar wil nie ‘n dag te perd ry nie?
Wel Musaiek, net ‘n klipgooi van Wonderboomlughawe af, nooi jou en jou gesin uit vir ‘n unieke ervaring by ons pragtige venue in die natuur en ‘n veilige plaas-atmofeer.
En daar is iets vir almal om te doen!
Ons is oop van WOENSDAG tot SONDAG vanaf 8vm tot ná 4nm.
Kontak ons op 082 735 4568 en loer in op ons Facebook bladsy om te sien wat gebeur!

Koffiewinkel
Ons restaurant het ‘n klein maar heerlike spyskaart met ligte etes waarvan die T-been, slaai en skyfies en ons tuisgemaakte burgers defnitief twee van die gunstelinge is!
Vir die kinders
Daar is tonne plek vir die kleinspan om te speel met klimrame, swaaie en trapkarretjies terwyl ma en pa ‘n glasie ietsie onder die bome geniet. Ons het ook kinderpartytjielokale en piekniek areas wat ideaal is om u kind se dag baie spesiaal te maak.
Troues
Musaiek is ‘n pragtige en uniek trou venue met ons eie klein kapelletjie, onthaal area en ‘n magdom fotogeleenthede met ‘n rustic, plaas of natuurtema.
Retro-meubelwinkel
Ons het ‘n antieke- en retromeubelwinkel op die perseel asook ‘n tweedehandse boekwinkel wat soos die outydse ‘book exchange’ werk. Kom snuffel gerus!
Vuurklipteater
Vuurklip teater is beskikbaar vir enige grote funkies, seminare, konserte of partytjies. Daar is ‘n verhogie, klank en die decor is outyds maar kan maklik aangepas word om in enige smaak te val.
Acrobranch
En dan het ons ook ‘n tak (verskoon die pun!) van Acrobranch op die perseel wat spog met een van die langste foefieslides (zip line) in die land. Daar is nou ook ‘n baan vir kiddies tussen 3 en 6 jaar met twaalf hindernisse wat die kleintjies besig hou in ‘n gesonde en veilige omgewing!
Lees verder op acrobranch.co.za…
Voetslaanpad
Ons is tans besig om aan ‘n voetslaanpaadjie in die bos te werk asook braai- en piekniekplekkies naby die rivier.
Kontak
Kom maak gerus ‘n draai en bring ouma en oupa en sommer die bure ook saam!
Kontak ons op 082 735 4568 en loer in op ons Facebook bladsy om te sien wat gebeur!