Voetslaanpaadjie

Ons is druk besig om die laaste paar bosse uit te kap, die terrein skoon te maak, die braaiplekke te bou en die bruggies af te rond en siedaar!  – die voetpad is gereed vir voete!

Daar is verskillende roetes wat in totaal ongeveer 2kilometers is en deur die bos en langs die riviertjie kronkel  – ‘n gemaklike afstand wat selfs ouma en oupa lag-lag kan geniet. Hou hierdie spasie dop vir meer inligting.

 

Advertisements